
=====================================================================
Moedertaalonderrig is belangrik (AV 4:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Moedertaalonderrig is belangrik

Dr. Ria Smuts,   senior lektor in Afrikaans in die Departement Didaktiek, Universiteit van Stellenbosch, bespreek die dikwels sensitiewe 
kwessie van die Afrikaanse kind op 'n Engelse skool.

"Ons praat Afrikaans by die huis, maar ons het besluit ons kind moet maar liewer na 'n Engelse skool toe gaan." Di woorde hoor 'n mens 
deesdae nogal dikwels.

Vra jy dan waarom die ouers so besluit het, is die antwoord gewoonlik dat Engels 'n wreldtaal is en dat dit die betrokke kind se kanse op 
sukses in die akademiese of die beroepswreld sal bevorder. En dikwels is daar die implikasie dat Engels ook groter status aan die persoon 
verleen.

Op die oomblik loop die gevoelens rondom taal, en spesifiek Afrikaans, baie hoog. Juis daarom is dit nodig om die gesprek oor die voertaal 
in skole kalm en objektief te probeer hou, want 'n besluit oor die onderrigmedium van jou kind is een van die ingrypendste beslissings wat 
'n ouer moet vel en dit moet nie bloot afhang van wat gerieflik, modieus of politiek korrek is nie.

Dit is dalk goed om net eers kortliks te besin oor die belangrikheid van taal vir 'n mens, en in die besonder vir 'n leerling.

'n Mens se taalvermo bepaal in 'n ho mate die gehalte van jou leerervarings en die graad van akkuraatheid van jou kennis. Skole en 
klaskamers is taalomgewings. Dit is 'n wreld waarin gepraat en geluister, gelees en geskryf word. Leerlinge met 'n ontwikkelde taalbeheer 
is nie slegs in staat om presies te verstaan wat hulle leer nie; hulle is ook in staat om hul kennis en insigte noukeurig en genuanseerd te 
verwoord en dus in toetse en eksamens goed te presteer. Onderwysers en dosente weet dat studente met 'n verfynde taalvermo die 
presteerders is -- dit geld alle studierigtings. Die remediring van leerprobleme by kinders begin dan ook dikwels by die ontwikkeling van 
die moedertaal.

Denkontwikkeling hang saam met taalontwikkeling. Die verwantskap tussen taal en denke is kompleks en word nog nie volledig begryp nie, maar 
daar word algemeen aanvaar dat hovlakdenke ten nouste verband hou met taalvermo.

Taal is die mens se belangrikste sosialiseringsmiddel. Jy leef in taal: jy gee daarin uitdrukking aan jou diepste gevoelens en jou 
kreatiewe en verkennende gedagtes; jy ontwikkel jou identiteit. Taal bepaal uiteindelik in 'n groot mate wie jy is, hoe ander jou ken, jou 
sosiale verbintenisse, jou verhoudings tot mense, jou beroepslewe -- dit benvloed die aard en gehalte van jou hele bestaan.

Die vraag is nou of dit 'n Afrikaanssprekende kind kan benadeel as hy of sy onderrig ontvang deur medium van Engels.

Mense verskil van mekaar en dit is onmoontlik om te s dat wat in een of honderd of duisend gevalle geld, noodwendig vir 'n ander persoon 
gaan geld. Dit is maklik om voorbeelde te noem van mense wat in Engels skoolgegaan het en briljant gepresteer het, soos W.E.G. Louw en   
N.P. van Wyk Louw.

Daar bestaan egter onder opvoedkundiges sterk menings oor die gewenstheid van moedertaalonderwys, veral in die aanvangsfase van 'n leerling 
se skoolloopbaan. Dit beteken dat Afrikaanssprekende leerlinge nie slegs Afrikaans as vak moet neem nie, maar dat die onderrig van ander 
vakke ook in Afrikaans moet geskied. Die moedertaal is uiters belangrik by die vorming van konsepte en die verwerwing van basiese kennis en 
vaardighede.

Wiskunde-kenners s onomwonde dat leerlinge se probleme met wiskunde ten nouste verband hou met hul taalvermo. Leerlinge presteer dikwels 
swak omdat hulle die wiskundige probleme nie begryp nie. Wanneer die wiskunde-onderrig in 'n taal is wat nie hul moedertaal is nie, 
ontstaan daar maklik leerprobleme. Onlangse navorsing in Kanada toon dat die skoolvakke wat die ergste daaronder ly as leerlinge nie deur 
medium van hul moedertaal onderrig word nie, in die eerste plek natuurwetenskap en in die tweede plek wiskunde is.

Die argument dat studente wat akademies presteer hul navorsingswerk uiteindelik in Engels sal wil publiseer, en daarom hul skoolopleiding 
in Engels moet kry, of dat die moderne sakewreld Engels as onderhandelingstaal het, verdien noukeuriger betragting. In die eerste plek is 
daar maar 'n baie klein persentasie leerlinge wat uiteindelik akademiese navorsing gaan doen en dit is kwalik realisties om 'n besluit met 
die oog op 'n kind se loopbaan as internasionale akademikus te neem wanneer hy of sy vyf of ses jaar oud is -- te meer nog as di besluit 
sy of haar skoolloopbaan kan benadeel. Maar dit is so dat die internasionale akademiese en sakewreld Engels as gebruikstaal het en daarom 
sal Afrikaanssprekendes daarop gesteld wees om hul Engels tot 'n ho vlak te ontwikkel. Daar is geen aanduidings dat die gehalte van ons 
Engels ooit in die verlede ons internasionale prestasies benadeel het nie. Dit geld eweneens Italiaanse of Franse of Japanse wetenskaplikes 
of sakelui. Nie een van hulle sal egter wil hoor dat sy kind nie in sy eie taal behoort skool te gaan nie.

Terug na bo

Identiteite en eiewaarde

Want dit gaan oor meer as net 'n medium van kennisoordrag en kennisverwerwing. Dit gaan oor identiteit en kultuur en eiewaarde.

In die jongste uitgawe van die tydskrif Multicultural Teaching To Combat Racism in School And Community verskyn daar 'n artikel van Jim 
Cummins waarin   hy die resultate van nuwe navorsing rapporteer op grond waarvan hy opnuut en met oortuiging onderrig deur medium van die 
moedertaal bepleit. Dit gaan in di&eeacute; geval oor nie-Engelssprekende leerlinge in die VSA.

Cummins toon aan dat onderrig in die moedertaal meetbare verbetering t.o.v. die prestasie van leerlinge meebring, dat dit die selfvertroue 
van die leerlinge opbou en gesonde samewerking tussen skool en ouergemeenskap skep. Leerlinge ervaar bowenal dat dit hulle bemagtig, want 
wanneer hulle hul identiteit bevestig kry, ervaar hulle 'n gevoel van eienaarskap van wat hulle leer, en weet hulle dat hul stemme gehoor 
en gerespekteer sal word. Uiteraard is die Amerikaanse situasie nie vergelykbaar met ons s'n nie. Tog kan ons iets daaruit leer omtrent die 
waarde van moedertaalonderrig.

Vra mens oor die wenslikheid daarvan dat leerlinge in die horskoolfase na 'n Engelse skool skuif, moet die antwoord weer eens wees dat dit 
onmoontlik is om te veralgemeen. Uiteraard kan dieselfde leerprobleme wat 'n Afrikaanssprekende in die aanvangsfase van onderrig tref, in 
die sekondre skoolfase voortgesit word.

Daarbenewens is my waarneming dat kinders hul belangikste sosiale patrone vestig tydens hul horskoolfase, en dat Afrikaanse kinders wat in 
Engelse skole is, dikwels Engelssprekende vriende maak en uiteindelik ook dikwels as volwassenes 'n Engelssprekende huishouding vestig. Of 
dit vir ouers belangrik is, is 'n hoogs persoonlike saak. Dat dit kulturele en sosiale inplikasies mag h, moet 'n mens weet, en jy moet 
besluit hoe belangrik jou identiteit as Afrikaanssprekende vir jou en jou kinders en hulle kinders gaan wees.

Die ideaal vir 'n Afrikaanssprekende persoon sou sekerlik wees om baie goed tweetalig, selfs baie goed drietalig te probeer word. Dit is so 
dat mense wat tweetalig is, dikwels verskillende funksies aan hul tale toeken. Dit geld ook verskillende dialekte of variante van dieselfde 
taal: mense praat byvoorbeeld soms 'n informele, streekgebonde taalvariant tuis en 'n meer formele variant in hul beroepswreld. Mense se 
uiteindelike voorkeurtaal is om verskeie redes ook nie altyd hul moedertaal nie.

Of 'n tweetalige persoon ooit albei tale absoluut ewe "goed" praat, is moeilik te bepaal. Al is 'n mens volkome vlot in 'n tweede of derde 
taal, ervaar jy dikwels dat jou verwysings, jou humor, jou subtiele, mees genuanseerde assosiasies gebonde is aan jou moedertaal. Dit raak 
natuurlik veral mense vir wie dit belangrik is om genuanseerd en subtiel in hul formulering te wees. Al is jy hoe vernuftig in die tweede 
taal, jou humor is anders, jou verwysings is anders, jou beeldspraak is anders, jou persona is anders -- jy is in die ander taal eintlik 
iemand anders.

Dit hoef nie 'n nadeel te wees nie, trouens, daar is enorme voordele in tweetaligheid. Maar dit is wel belangrik om te besef dat 'n mens 
dikwels van die mees geraffineerde werkinge van jou gees inboet as jy in 'n taal moet funksioneer wat nie jou moedertaal is nie.

Terug na bo

Moedertaalontwikkeling

Die slotsom moet lui dat leerlinge, waar enigsins moontlik en wanneer hulle dit verkies, in hul moedertaal onderrig moet ontvang en dat 
hulle moedertaal ook steeds verder ontwikkel moet word. Taalontwikkeling is nie 'n proses wat maar sommer toevallig sal plaasvind bloot 
omdat leerlinge hul moedertaal praat nie. 'n Goed beplande sillabus sorg dat taalvaardighede verbreed, verdiep en verfyn word om tred te 
hou met die emosionele, geestelike en intellektuele behoeftes van die leerling. Dit is 'n proses wat 'n leeftyd lank aanhou.

'n Mens se moedertaal is heeltemal anders as alle ander vakke, want dit is deel van jou wese, jou gees, jou hele etos.

Descartes het ges: "Ek dink, daarom is ek." Ek sou dit wou aanvul: "Ek kan s wat ek dink, daarom is ek."

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av429.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 1997 /// Afrikaanse sektor moet in rat kom (AV 4:2) /// 'n 
Positiewe taaltoekoms (AV 4:2) /// Staan Afrikaans sy man oor die lug? (AV 4:2) /// SAG begin wins sien (AV 4:2) /// Tale word digterlik 
saamgebind (AV 4:2) /// Laat Afrikaans soos kakiebos woeker (AV 4:2) /// Afrikaans en 'n taalplan vir Suid-Afrika (AV 4:2) /// Keuses word 
nou vir en in Afrikaans gemaak (AV 4:2) /// Moedertaalonderrig is belangrik (AV 4:2) /// Staan nader -- daar's hoop! (AV 4:2) /// Hoekom 
stry? (AV 4:2) /// Zoo leert men ... Afrikaans (AV 4:2) ///

